| ||||
’n Kaart van Ur III en sy invloedsfeer. | ||||
Hoofstad | Ur | |||
Taal/Tale | Sumeries, Akkadies | |||
Regering | Monargie | |||
Lugal (koning) | ||||
- c. 2112-2095 v.C. | Ur-Nammu (eerste) | |||
- c. 2028-2004 v.C. | Ibbi-Sin (laaste) | |||
Historiese tydperk | Bronstydperk | |||
- Stigting | 2112 v.C. | |||
- Ontbinding | 2004 v.C. | |||
Vandag deel van | Irak Iran Sirië Libanon |
Die Derde Dinastie van Ur, ook genoem die Neo-Sumeriese Ryk, verwys na die Sumeriese dinastie van die 22ste en 21ste eeu v.C. (middelchronologie) wat in die stad Ur gebaseer was. Dit was ’n kortstondige politieke staat wat sommige historici beskou as ’n ontluikende ryk.
Die Derde Dinastie van Ur word soms as Ur III afgekort. Dit is genommer met verwysing na vorige dinastieë, soos die Eerste Dinastie van Ur (26ste-25ste eeu v.C.), maar dit lyk of die sogenaamde Tweede Dinastie van Ur nooit bestaan het nie.[1]
Die dinastie was die laaste Sumeriese dinastie wat in Mesopotamië aan die bewind gekom het. Dit het ontstaan ná ’n paar eeue van beheer onder Akkadiese en Goetese konings. Die het die stede Isin, Larsa en Eshnunna ingesluit en so ver noord as Bo-Mesopotamië gestrek. Dit verteenwoordig ’n Sumeriese renaissance ná die val van die Eerste Dinastie van Ur.